Skip to Content

About us

Welkom!

Die Christen Gemeenskapsbediening (gestig in 2016) het een eenvoudige hartklop: om elke individu, familie en gesin nader aan Christus Jesus te lei.

Vir ons gaan dit nie oor lidmaatskap van ’n bediening of ’n spesifieke gemeente nie. Dit gaan daaroor dat elke persoon ’n ware lid van die Liggaam van Jesus Christus sal wees – dít is vir ons die belangrikste.

Die naam van ons bediening dra geen gewig op sigself nie; dit beskryf bloot wie ons is en wat ons doen: ’n bediening in Christus, wat die gemeenskap vanuit Christus bedien.

Ons verwelkom elkeen:

·       lidmate van enige kerk,

·       mense wat nie aan ’n kerk verbonde is nie,

·       en selfs dié wat nog op soek is.

Ons fokus is Christus alleen, en daarom strek die bediening oor kerk- en gemeentegrense heen. Ons is geroep om die Waarheid van die Evangelie te deel, sodat ’n Christen-gemeenskap van gelowiges kan groei — waar mense, net soos in Antiochië (Hand. 11:26), met reg Christene genoem kan word. Alles tot Sy eer!



Om Jesus Christus se opdrag uit te voer deur heen te gaan na al die nasies, die ganse mensdom, ja die hele wereld en aan hulle almal die Evangelie te verkondig van wat Jesus Christus reeds volbring het, dissipels van alle nasies te maak, hulle te doop en hulle te leer. (Matt 28:19 & Mark 16:15)


Om Christus Jesus te verkondig, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens in alle wysheid onderrig, om elke mens volmaak in Christus Jesus voor te stel. (Kol 1:28)




Hoe ons hierdie Missie & Visie uitleef

Gebed & Nagmaal

Saam bid
Broodbreek/Nagmaal met almal
Handelinge 2:46

Die Evangelie Deel

Christus oral verkondig
Betrokke in die gemeenskap
Markus 16:15

Dissipelskap & Wedergeboorte

Deel die Evangelie
Lei mense deur die Heilige Gees na ware wedergeboorte
Help gelowiges hul nuwe identiteit in Christus ontdek
2 Kor 5:17

Doop & Toewyding

Doop van gelowiges
Seen, opdra en toewyding van babas
Markus 10:16

Lering en onderig

Sondae samekomste
Kings Kids / Tienerbediening
Huiskerke / selgroepe
Kampe & groei-geleenthede
2 Tim. 4:2-3

Ons sien uit daarna om julle by ons bediening te verwelkom.

Neil & Veronique Olw​agen en hulle 3 seuns, Alberto, Christiano & Alonso