Skip to Content

Alles is....alles

3 September 2026

Luister hier


Filippense 2:14-16 Doen alles sonder murmurering en teëspraak, sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van 'n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld, terwyl julle vashou aan die woord van die lewe.


ALLES beteken mos, wel alles.


Gelowiges in Christus word herinner om ALLES sonder murmurering  en ALLES sonder teëspraak te doen🤔.


Natuurlik is dit maklik om nie te murmireer en teespraak te lewer as alles glad verloop in die lewe en mense om ons aangenaam, bedagsaam en vriendelik teenoor ons is nie, maar dan herinner Paulus ons aan die wêreld waarin ons leef, n wêreld vol krom en verdraaide gedagtes waarin almal maklik murmireer, kla en stry.


En dis in hierdie wêreld waar Christene IN ALLES wat ons doen of sê moet skyn soos ligte in die donker wêreld, en juis nie te kla en te stry soos almal doen nie.


Alhoewel dit vir party onmoontlik klink, hoor gou hoekom Paulus sê dis die norm van n Christen: omdat julle vashou aan die woord van die lewe!


Ah jy sien, wanneer ons vashou aan die Woord van die lewe, aan Christus, kan ons deur wie ons in Hom is in ALLES juis lewe sonder om te kla en te stry.


Dink gou terug aan Israel van ouds toe God hulle gered het uit slawerny in Egipte, en hoe hulle na die 10 plae saam met Moses deur die Rooisee droogvoets getrek het.


Maar in dieselle hoofstuk van Eksodus 15 lees jy baie vinnig hoe hierdie selfde mense begin murmureer en stry het!


Selfs met al die wonderwerke wat hulle beleef het, en die sigbare tekens van God se teenwoordigheid by hulle, het hulle nagelaat om vas te hou aan die woord van God se belofte en wil vir hul lewens.


Murmureer en teespraak was die opsomming van hulle gedrag vir amper 40jaar tsv die wonderwerke van God in hul midde.  Dieselfde kan amper gesê word van die kerk, want dit is wat ons grotendeels sien onder Christene wat nie vas hou aan die Woord van die Here nie.


Gelowiges wat murmureer en teespraak beoefen doen presies wat Israel destyds in die woestyn gedoen het, en dit is om teen ons Vader se voorsiening vir ons op te tree asof ons geregtig is op ons opinie en wat ons eerder sou wou hê.


Israel het gemurmureer en gestry omdat hulle nie ten volle op God vertrou het nie.


Kom ons maak nie dieselfde fout as gelowiges in Christus nie, maar straal eerder Sy lig uit onder n krom en verdraaide mensdom.


Dink net wat sal vandag gebeur as ons vashou aan die Woord van die lewe, en in ALLES WAT ONS DOEN, nie kla of stry nie, maar as kinders van God optree en skyn terwyl ons op die Heilige Gees vertrou te midde van n krom en verdraaide geslag.



Amen

Share this post
Tags
Archive
A good work.....
2 SEPTEMBER 2026