1 Korinthiërs 13:8 Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë — hulle sal tot niet gaan; of tale — hulle sal ophou; of kennis — dit sal tot niet gaan.
Paulus het seker gemaak ons verstaan heeltemal hoe groot en kragtig en besonders en met respek gesê, die allerbeste tussen al die gawes van die Gees is; toe hy die Griekse woord πίπτει (piptei) aan ons voorgehou het, want "piptei" beteken: "om sonder uitwerking te wees, om tot niks te kom nie."
Besef jy dat tussen al die gawes en bedieninge van die Heilige Gees, daar net EEN is wat nooit ooit sal vergaan of tot niks kom nie.....Die Liefde!
Soveel Christene wonder daagliks watter gawes hulle van die Heilige Gees ontvang het, sonder om te besef wat hulle reeds in Christus ontvang het, en dat dit die allerbeste en grootste weg van almal is, God se liefde!
Die wêreld is so lief daarvoor om te sê dat liefde alleen nie genoeg is nie, terwyl gelowiges in Christus juis die teendeel hoort te bewys.
Kyk bv na Jesus se bediening: Elke handeling van Christus was gedoen in die liefde van God vir die mensdom.
Sy liefde het aan ons die Vader se karakter weerspieël, net soos ons nou met die gawe van liefde die karakter van Jesus weerspieël. Paulus het selfs so ver gegaan het om te skrywe dat al sou ons al die gawes van die Gees besit, maar het nie die liefde nie, dan is ons niks nie!
Romeine 5:5 getuig aan gelowiges dat God sy liefde in ons harte uitgestort het deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het! Met Sy liefde kan ons in alles en ten spite van alles in die lewe volhard, want die liefde is nooit sonder uitwerking nie, want dit bedek alles, glo alles, hoop alles en verdra alles!
Hierdie liefde faal nooit nie, omdat God liefde is en Hy nooit faal nie!
Dis juis hoekom Paulus ons ook aangemoedig het in Efesiërs 5:2 om IN LIEFDE TE WANDEL, net soos Christus ons ook liefgehad het en Homself vir ons oorgegee het.
Dis een van die grootste voorregte om mee op te staan elke dag, God se liefde, en te weet dat hierdie gawe nooit sal faal nie, nooit sal ophou of sonder uitwerking sal wees solank ons in Christus Jesus wandel nie.
AMEN