Skip to Content

Beklee jou met Christus

11 Mei 2026
1 Samuel 17:38-39 En Saul het Dawid sy klere laat aantrek en 'n koperhelm op sy hoof gesit en hom 'n pantser laat aantrek. En Dawid het sy swaard bo-oor sy klere vasgegord, en toe hy moeite doen om te loop, omdat hy dit nooit probeer het nie, sê Dawid vir Saul: Ek kan nie hierin loop nie, want ek het dit nooit probeer nie." En Dawid het dit uitgetrek.
Eks seker jy ken die verhaal van Dawid en Goliat al te goed, maar onthou jy hoe koning Saul vir Dawid sy wapenrusting geleen het net voor die geveg in die poging om Dawid te kon beskerm teen die reus Goliat?

Koning Saul het regtig goeie bedoelings gehad het hiermee, maar sy bedoelings  het vir Dawid skaars in beweging gebring.  Koning Saul het selfs vir Dawid geseën met die woorde: "Gaan, en mag die Here met jou wees!”  Maar dan lees ons hoe Dawid probeer loop het met Saul se wapenrusting, maar skaars kon beweeg.  Net soos Dawid, staan ons almal vandag nog voor reusagtige probleme en uitdagings, en ander mense sal nes Koning Saul hul "wapenrusting vir die geveg" aan jou wil leen sodat jy staande kan bly, maar die ding is, jy gaan dalk skaars kan beweeg.

“Mag die Here met jou wees" is woorde wat ons almal graag aan mekaar sou wou sê nie waar nie, maar dan volg dievolgende woorde ook soos in Dawid se geval wat die seën en bystand van die Here amper neutraliseer: "Onthou om dit te doen, om dit te sê, om hierdie te dra oooh en moenie vergeet om so te maak nie."  Dawid kon nie loop in Saul se wapenrusting nie, nes ek en jy nie sal kan beweeg of loop of veg in iemand anders sin nie, want dit was nooit vir ons bedoel nie!  Daar is wel een wapenrusting waarin ons almal kan loop, ongehinderd kan leef sonder om dit eers te probeer of eers te toets, want dit is perfek gemaak vir  ons deur God in Christus om ons permanent te beklee teen die reusagtige stryd wat ons daagliks beleef.
Hierdie wapenrusting is ook  'n koning sn, die Koning van konings sn.

Dis Sy waarheid, Sy geregtigheid, Sy vrede, Sy geloof, Sy verlossing en Sy swaard, die Woord!

Kyk julle, koning Saul het regtig goed bedoel destyds, en eks seker ander mense om ons doen dieselle en ons dieselle teenoor hulle, maar die enigste ware wapenrusting waarin ons almal nommerpas kan lewe beweeg en veg, wat werklik ons almal bo alles staande laat bly, is die wapenrusting van God in Christus Jesus.

Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees — dit is die woord van God — terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges (Efes‬ ‭6‬:‭14‬-‭18‬).

Net deur absolute geloof in Christus Jesus kan ek en jy daagliks, die reuse op die slagveld van die lewe tegemoet gaan, beklee in die oorwinningsdrag van die Koning en dieselle toebid vir elke ander heilige om in te leef in Christus.

AMEN

Share this post
Tags
Archive
Follow Me!
13 May 2026