Nehemia 8:11 Verder het hy vir hulle gesê: Gaan eet lekker spys en drink soet dranke en stuur porsies aan hulle vir wie niks berei is nie, want hierdie dag is heilig aan onse HERE. Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die HERE-dit is julle beskutting.
Meeste mense het al erens in hulle lewe die woorde: "the joy of the Lord is our strength" gehoor. Nou Nehemia het hierdie woorde gespreek net nadat die hele volk vir Esra gehoor lees het uit die wetboek van Moses, en dit net nadat hulle die stadsmure van Jerusalem herbou het.
Maar met die aanhoor van die Wet van Moses het die mense egter begin weën en treur oor hul sondes en tekortkominge tov die Here se wil, en dis toe dat Nehemia hierdie bekende woorde aan hulle meegedeel het.
So omdat die mure van Jerusalem sopas herbou was en almal vol vreugde oor hul nuwe beskutting veilig kon voel, het Nehemia die mense wie nou getreur het bedien deur hulle te laat fokus het op die Here se blydskap oor hulle, en dat Sy blydskap hulle ook nou omring en beskerm en beskut.
Nehemia beaam egter later in hoofstuk 9:17 die berou van die mense oor hul sondes en tekortkominge aan die Here se wil toe hy bid: "Maar U is 'n God van vergewing, genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en U het hulle nie verlaat nie."
Nehemia se oproep tot blydskap en om die heilige oomblik te vier met die bewustheid van die Here se blydskap oor hulle as hul beskutting en sterkte was juis om die volk se aandag van hul tekorte en sonde kon draai na die Here se volheid en getrouheid, en om hul oë op Hom te rig ipv hulself, nes die Hebreërskrywer ons as gelowiges in Christus herinner het in Hebreërs 12:2 om ons ons oë op Jesus te hou, en toe skrywe hy, dat Jesus, vir die vreugde wat vir Hom voorgehou was, die kruis verdra het en die skande verag het.
Aaah sien jy hoe Jesus met blydskap die grusame kruisdood omarm het, omdat Hy geweet het dat Hy daardeur vir ons, nes daai verpletterde stene van Jerusalem se vervalle mure kom herbou het?!
Dis ook hoekom Paulus by meer as een geleentheid geskrywe het dat ons ons moet VERBLY in die Here, meenende om ons ware blydskap te vind in Hom, in wat Hy gedoen het, hoe Hy ons vergewe en verlos en herbou het, en veilig en beskut kan wees binne in wie die Here is, nes Nehamia bevestig het dat die Here 'n God van vergewing en genade en barmhartigheid en lankmoedigheid en goedertierenheid is, Hy wie ons nooit sal verlaat nie.
Nes die volk destyds rig soveel mense hul oë op hul sorge en sondes en skandes, en in hul berou soek hul links en regs na dinge wat hul kan beskerm en sterkte gee, terwyl die Evangelie ons oproep om na Jesus te kom, en in Hom ons ware beskutting en sterkte kan ontvang en leef as mense wie in Sy blydskap feesvier.
Amen