Romeine 5:1-2 Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus, deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan,; en ons roem is in die hoop op die heerlikheid van God!
Oooh wow, wow wow wow, ek hoop jy het gehoor wat geloof in Christus Jesus aan 'n mens skenk, in ons bewerk en waarmee ons elke dag kan binnegaan?
Kyk hier, "deur geloof" is woorde wat mens deurlopend in Paulus se Romeine brief sal raaklees, en hier kom Paulus en hy skrywe in een lang sin aan ons vier goed wat aan ons geloof in Christus gekoppel word, ja vier goed waarin gelowiges elke dag mee opstaan, in staan en die dag binnegaan.
Eerste herinner Paulus ons aan dat ons uit geloof in Christus Jesus geregverdig is, 'n regs term wat bekend maak dat God as dié Regter, ’n uitspraak oor elkeen wie glo in Sy Seun gemaak het, en dit is dat ons nie meer sondaars is nie, want Hy verklaar ons GEREGVERDIG!
Geen skuld, geen sonde, dinge is reg tussen ons en God.
Die tweede punt wat hierdie regverdigmaking tot gevolg het is dat ons nou uit geloof in Christus VREDE BY GOD HET! Hoe so? Want al ons skuld is betaal, Jesus het die oordeel gedra, en ons verhouding met God is herstel, Jesus het dit gedoen!
Nooit weer hoef 'n gelowige in Christus met vrees te leef en te wonder of hy/sy aanvaarbaar by God is nie, want deur geloof in Christus het ons VREDE by God!
Dan skrywe Paulus n derde ding, iets om ons bewus te maak van waarin ons onsself bevind en staan: GENADE.
Kyk hier julle, ons regverdigmaking is nie net ’n klein afbetaling wat ons ietwat verander het en verligting gebring het om harder te probeer om nie weer te veel te sondig nie, nee nee, dis n helemal nuwe lewe in onskuld voor God, versoen in n verhouding met God, alles te danke aan wat Jesus vir ons kom bewerk het, en met alle lof en eer aan Hom, Hyt ons in sy genade permanent kom laat staan!
Ons staan deur geloof in Jesus binne in God se genade, meenende ons het n vaste posisie, dis nie iets tydeliks nie, en die groot wow hierin is, dis nie n posisie wat ons op grond van ons werke verdien nie, dis danksy Jesus!
Dink gou hieraan: Gelowiges in Christus staan in God se genade, Sy onverdiende goedheid en guns!
En dis hoekom Paulus die sin voltooi met n vierde punt, een wat praat van ons vreugde, ons blydskap, hoekom ons juig!
Ja, deur geloof juig ons omdat Christus ons geregverdig het, vrede by God bewerk het, ons onsself in Sy genade bevind, en uitsien na n ewige lewe wat beloof is in die heerlikheid van God!
Dis mos hoe ons elke dag kan begin vanuit ons geloof in Jesus Christus onse Here.
Amen