Skip to Content

Geroep

24 Junie 2026

1 Korinthiërs 1:1-2  PAULUS, 'n geroepe apostel van Jesus Christus deur die wil van God, en die broeder Sósthenes, aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiliges, saam met almal wat die Naam van onse Here Jesus Christus in elke plek aanroep, hulle sowel as onse Here.

Aaah dis so wonderlik om te hoor hierdie brief is aan ons ook geskrywe, ja aan almal wat die Naam van die Here Jesus Christus aanroep in elke plek!  So gepraat van aanroep, ek en jy het sopas in een lang sin die woorde: "Roep, geroep, uitgeroep en roeping" gelees.

En dit is juis die tema van Paulus se brief wat ons ken as 1 Korinthiërs.

Jy sien, rondom my en jou, is die wêreld en die vyand besig om op allerlei wyse na jou en my te roep om "soos die wêreld te wees, dinge so te doen," terwyl ons juis deur die Evangelie uitgeroep word vanuit hierdie wêreld om in Christus Jesus te lewe, want dis ons ware roeping.

Dis hoekom Paulus twee voorbeelde kon gee van roeping, syne en Sosthenes, een van Korinte se eie mense om in Jesus te leef.  Jy het sekerlik al gelees van Sosthenes nie waar nie, in Handelinge 18, toe Paulus in Korinte kom en daar bedien het vir 1 en n halwe jaar.  Voordat Sosthenes die Evangelie aangehoor het, was hy dié bekende hoof van Korinte se sinagoge gewees, maar toe hoor Sosthenes die roepstem van God in Christus, die Evangelie.

Hy word toe geslaan en gesleep tot voor die Romeinse goeweneur Gallio, alles om te poog om hom terug te roep in die normale lewe in die wêreld en nie in Christus nie.

Sosthenes se reaksie op die roeping van God het in die oë van die wêreld as dwaas voorgekom, want die roeping van God, die Evangelie, die woord van die kruis, blyk dwaas in die oë en ore van die wêreld, en tog is dit die wysheid van God👏.

Dis hoekom Paulus ons ook herinner het aan die roeping van Sosthenes, want nes Sosthenes is ons almal geroep deur God om te leef vanuit Jesus Christus.  Dan herinner Paulus ons selfs nog verder deur te skrywe:

"Aan die gemeente van God."

Die woordjie gemeente is die griekse woord ekklesia, wat beteken: uitgeroeptes, mense wie uit n sekere lewe geroep is binne in n ander lewe in👏!

Nes Paulus n vorige lewenswandel gehad het, en Sosthenes n vorige lewenswandel gehad het, word ons nes hulle uitgeroep uit ons ou lewe in die wêreld binne in n nuwe lewe in Christus!

Dit bring ons by n verdere beskrywing van ons roeping, as geroepe heiliges.

Ja Afgesonder, spesiaal vir God!

Mag ons lewens, nes Paulus en Sosthenes sn, kragtig getuig van n lewe wat die roepstem van God ontvang het, al leef ons in die wêreld, tog geroep uit die wêreld in die Koninkryk van Christus, waar geen ander stem of roeping jou wegneem van wie jy is in Christus nie, heilig, afgesonder vir Hom.

 

Amen

Share this post
Tags
Archive
The Home of the Holy Spirit
23 June 2026