Efesiërs 1:3 Geseënd is die God en Vader van ons Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus.
Jy weet mos dat God liefde is en dat God lig is en dat God regverdig is. Luister, dis wie Hy is, nie wat God het nie, is, en min mense weet egter dat God ook geseënd is.
Εὐλογητὸς ὁ Θεὸς (eulogeitos ho Theos). "God is Geseënd."
Nou hiers die ding, Jesus verklaar aan ons ten volle die Vader, en ons weet dat God Liefde, Lig en Regverdig is omdat ons dit ten volle sien in Christus se lewe en bediening.
Maar min mense dink egter daaraan dat God ook Geseënd is, en dit sal byval vind wanneer ons dit ook aanskou in Christus se lewe en bediening. Daarom herinner Paulus die gelowiges in Christus waarom ons geseënd is met al die geestelike seëninge in die hemele....want gelowiges is IN CHRISTUS!
En nes elke gelowige in Christus met oortuiging vanuit ons Vader se Liefde en Lig en Regverdigheid kan leef, behoort ons ook te aanskou en deur geloof in Christus vanuit ons Vader se seën leef as geseëndes!
Ons weet dan hoe lief God ons het omdat Hy Sy Enigebore Seun vir ons gestuur het sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie maar die ewige lewe kan hê.
Hhhmmm 🤔, en weet ons dan nie ook dat Jesus die Lig van die wêreld is wat na ons gekom het sodat elkeen wie in Hom glo nie in die duisternis hoef te wandel nie maar die lig van die lewe sal hê? En ons weet mos ons almal het gesondig en het ontbreek aan die heerlikheid van God, maar dat ons deur sy genade sonder verdienste geregverdig was deur die verlossing wat in Christus Jesus is en dat God self ons regverdig gemaak het wie uit geloof in Christus is.
Hoe kyk ons dan na Jesus en besef nie hoe geseënd ons is nie?
Ek wonder net of ons regtig besef hoe geseënd ons in Christus is, en dat dit alles gebaseer is op wie Hy is.
Soveel mense maak die fout om dadelik te verwys na besittings en goete en geleenthede op aarde as hul seëninge, en ja daar is meriete daarvoor, maar die geestelike seëninge in Christus in die hemele waarmee ons elke dag GESEËND kan lewe is wat soveel mense bloot net ignoreer en nouliks vanuit lewe, want hulle leef nie in geloof in Christus vanuit Hom as geseënd nie.
Ons geestelike seëninge in die hemele is nie in die paleis of stoorkamer erens in n goue kluis, of n hemelse bank nie, nee,....dis in Christus!
En vanuit Hom kan ons elke dag leef en weet ons is gekies om in Hom heilig sonder gebrek of enige te kort te leef as kinders van God ons Vader, omdat ons begenadig is om altyd te weet: ons is vergewe en verlos en nou erfgename van God wie verseël is met die Heilige Gees as waarborg!
Amen