Skip to Content

Hoe ken jy vir Jesus?

23 April 2026

Johannes 5:39-40 Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig. En julle wil nie na My toe kom om die lewe te hê nie.

Tot vandag toe is daar wêreldwyd menige mense wie presies dieselfde doen as wat die Jode destyds, met wie Jesus hier in gesprek was gedoen het: hulle ondersoek die Skrifte, lees en bestudeer die Bybel, maar sien eenvoudig nie raak dat dit oor Jesus gaan nie.

Natuurlik is dit belangrik om die Skrif te bestudeer, bepeins en te ken, maar sodra ons vergeet oor wie dit gaan en mis na Wie die Skrif ons laat gaan, mis ons presies net mooi wat die Jode gemis het – Jesus - en as jy Hom mis, mis jy verseker waaroor die lewe gaan.

Kan jy sien waarom Jesus se woorde 100% relevant is tot vandag toe? Selfs in gelowiges se lewens?

Jesus se woorde herinner my so aan hoe maklik ons almal van beroemde mense wêreldwyd praat wat in die kollig is, sporthelde en politieke figure, sangers ens, en julle, ons praat gemaklik oor hulle weens die feite wat aan ons bekend gemaak word of van wat ons erens van hul sien en lees, en dan praat ons met ander so asof ons hulle ken, maar eintlik weet ons maar net n klein gedeelte van hulle, en baie van ons ken hulle glad nie eens persoonlik nie!

Dit gebeur met Jesus ook, want mense weet so baie van Hom en ken so baie Bybelverse van Hom, maar ken Hom glad nie.

Daarom som Paulus dit so mooi op vir ons in Kolossense 3:16 deur te skrywe: Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid.

Sien die probleem is nie dat mense die Skrifte ondersoek nie, die probleem is dat menige die punt mis, vir Jesus mis.

Kennis oor die Bybel skenk nie aan ons die lewe nie, net Jesus self skenk dit aan ons, en elkeen wie na Hom kom en Hom ontvang weet dat hul die ewige lewe ontvang het, en dis waarom Jesus juis destyds uitgelig het dat die mense die Skrifte ondersoek het in die hoop om lewe te vind daarin, maar nie besef het dat dit oor Hom getuig nie, en dis hoekom hulle ook nie na Hom toe wou kom om die lewe te ontvang nie.

Vriende, al is dit een persoon wat vandag dit moet hoor en besef, dan prys ek die Here, maar die doel, die punt, die hoofrede van die Skrif, van die Bybel, is Jesus Christus, en in Hom, is die ewige lewe!

Amen

Share this post
Tags
Archive
Believe!
22 April 2026