Skip to Content

Hoe lyk jou vrug?

30 Julie 2026

Kronieke 31:20 En so het Jehiskia in die hele Juda gedoen: hy het gedoen wat goed en reg en trou was voor die aangesig van die HERE sy God.


Wow, wat 'n getuienis!  Nie net lees ons tussen menige getuienisse van Konings wat gedoen het wat verkeerd was in die oë van die Here dat Jehiskia gedoen het wat reg was in die oë van die Here nie, nee nee, ons lees dat hy goed en reg en trou was voor die Here, en dat daar geskrywe is dat hy hierdie lewe geleef het IN DIE HELE JUDA!


  • ’n Hele nasie sou hulle leier sien dinge doen wat goed was.
  • ’n Hele nasie sou hulle leier sien doen wat reg was.
  • ’n Hele nasie sou leier sien wandel in getrouheid.

As 'n gelowige in Christus was ek net weer herinner deur hierdie vers van Jehiskia aan hoe almal die vrug van Jehiskia se verhouding met die Here kon sien in sy goedheid, regverdigheid en getrouheid.


Mense het nie by Jehiskia 'n slegte, onregverdige en ontroue koning gesien soos baie ander konings voor en na hom was nie, maar wat hulle eintlik sou raaksien, was hoe Jehiskia voor die aangesig van die Here geleef het. 


Hoe ons leef voor die aangesig van die Here sal die vrug bepaal wat ander raaksien en ervaar.


Iemand wie in Christus leef, sal God se goedheid en regverdigheid en getrouheid weerspieël en ander dit laat ervaar, nes Jehiskia dit destyds weerspieël het.  Hier is hoekom ek so sê: want gelowiges in Christus leef juis vanuit die volheid van ons Vader se goedheid, regverdigheid en getrouheid.


Dis hoekom Paulus die Christene in Galasië herinner het aan die vrug van die Gees, wat voortvloei omrede ons in die Gees wandel en nie meer in die vlees nie.


Koning Jehiskia het geleef vanuit die goedheid en regverdigheid en trou van die Here, en daarom was sy doen en late gevul met die goedheid en regverdigheid en trou.


Wat n voorreg om in Christus te leef, gereinig deur Sy bloed, as God se kind wat voor Sy aangesig lewe, en nooit hoef te wandel nie vanuit ons eie krag nie, maar in die krag van die Gees, sodat die vrug van die Gees juis die getuienis raak van hoe die hele wêreld ons sien in Christus, nes die hele Juda koning Jehiskia gesien het as n man wat goed en reg en trou leef voor almal.


Amen


Share this post
Tags
Archive
With us, is the Lord our God!
29 July 2026