Handelinge 16:25 En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenis het na hulle geluister.
In Handelinge 16 lees ons hoe Paulus en Silas in die gevangenis gewerp word omdat hulle getuig het van Jesus, en in Handelinge 16:24 lees ons selfs dat hulle voete in die blok gesit was, so kry gou die prentjie, hulle kon glad nie beweeg nie, en onthou, dit was donker, pikdonker.
Op n manier bevind ek en jy ons ook soms in oomblikke waarin dit blyk dat daar geen kans is vir uitkoms nie, ons voel vasgedruk in situasies of omstandighede en alles lyk net donker wanneer ons nie die uitkoms sien nie.
Kan jy sien hoe Paulus en Silas se optrede in Jesus Naam ons almal bemoedig?
Want al kon Paulus en Silas nie beweeg of sien nie, het hulle presies geweet hoe gebed ons beweeg na die Here en hoe aanbidding ons Sy heerlilheid laat sien!
En dis nou net mooi hier waar daar so versteekte diamant in die teks vir ons nagelaat word, iets wat ons altyd moet onthou.... daar staan: en die gevangenes het na hulle geluister. Sien jy, selfs in daai oomblikke waarin jy soms vasgevang voel en geneutraliseer voel, kan daar 'n getuienis uitgaan!
Gebed in Jesus Naam laat ons vryelik beweeg terwyl ons aanbidding en lof aan die Here ons juis laat sien wie Hy is!
Ons vergeet soms dat ander mense die hoop van Christus se heerlikheid in ons kan aanskou wanneer dit nie te goed gaan nie en ons nes hulle onsself bevind in donker hopelose situasies.
Tog is elke gelowige in Christus n getuie soos Paulus en Silas van n ewige lig, n ewige hoop, n ware vryheid, en dat ons gesprek met die Here en ons lof aan die Here n kragtige getuienis laat uitgaan. Ek kan my net indink hoe die ander mense in daai donkere gevangenis daardie aand sou wou hê wat Paulus en Silas gehad het - vir Jesus.
Moenie vergeet dat jou gebede en jou aanbidding in Jesus Naam op die onwaarskynlikste tye nie net jou omstandighede verander nie, maar ook ander kan bedien.
Amen