1 Korinthiërs 15:14-17 En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof; en dan word ons valse getuies van God bevind, omdat ons teen God getuig het dat Hy Christus opgewek het, wat Hy nie opgewek het nie, ten minste as die dode nie opgewek word nie. Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie; en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes.
Julle, het jy mooi gehoor wat Paulus geskrywe het, as Jesus nie regtig egtig opgewek was uit die dood nie is elkeen wie in Hom glo se geloof tevergeefs! Dis nie al nie, want as Jesus nie opgewek was uit die dood nie maak dit elke gelowige in Hom, elke Christen, n valse getuie van God! As Jesus nie opgewek was uit die dood nie dan is ons geloof nutteloos, meenende, dit het geen krag nie! En, as Jesus nie opgewek was uit die dood nie, dan was ons nog in ons sondes!
Maar prys die Here, Hy het opgestaan, Hy het die dood oorwin, en dit beteken:
ons geloof is nie tevergeefs nie,
ons is nie valse getuies van God nie,
ons geloof is nie kragteloos nie en en en, .......
is jy reg hiervoor?..... ons is nie meer in ons sonde nie, hallelujah!
Christus se opstanding bevestig, verklaar, maak duidelik bekend wat God in die liggaam van die Seun in ons, en met ons laat gebeur het deur Sy kruisdood! Wat n voorreg om nie tevergeefs te preek en te leef wat ek glo nie.
Wat n voorreg om ware lewende, bewegende getuies te wees van die Goeie Nuus van God, n lewe wat getuig dat Christus vir ons gesterf het, maar ook dat Hy opgewek is uit die dood!
Wat n voorreg om deur geloof in die Seun te weet ons leef nie meer in sonde nie, maar in Sy geregtigheid, skoongewas deur Sy bloed om in n nuwe lewe deur die krag van Sy opstanding te kan leef.
Hoe skrywe Paulus in Romeine 6:11: So moet julle reken, dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus ons Here.
Amen