Skip to Content

Maak hom los en laat hom gaan!

30 April 2026

Johannes 11:43-44 En nadat Hy dit gesê het, het Hy met 'n groot stem geroep: "Lasarus, kom uit!" En die oorledene het uitgekom, aan hande en voete met grafdoeke gebind, en sy gesig was toegedraai met 'n doek. Jesus sê vir hulle: "Maak hom los en laat hom gaan.”

Meeste van ons is bekend met hierdie oomblik toe Jesus vir Lasarus uit die dood geroep het tot lewe.  Maar min mense gee egter aandag aan hoé Lasarus uit die graf uitgestap gekom het. Ja Lasarus was dood, maar nou weer lewend, en tog het hy uitgestap, steeds gebind in die grafdoeke, grafdoeke wat bedoel is vir dooie mense.

Jesus het gevra dat die grafdoeke van Lasarus verwyder moes word en hy vrygelaat moes word om te gaan, en daai woorde wys so vooruit na hoe ons almal; wie ook dood was in sonde, en tot geloof gekom het in Christus, op grond van die roepstem van die Evangelie, ook uit die dood in n nuwe lewe instap.  Maar ongelukkig is daar soveel mense wie nog as te ware toegedraai is in die dinge van die ou dooie mens.

Nes Lasarus lewend uit die graf gekom het, van kop tot tone met grafdoeke, stap soveel Christene vandag nog met ou gedagtes en glo dat hulle nie nuut beklee is in wat Jesus gedoen het nie!

Daarom herinner ek jou aan Jesus se woorde na die wonderbare opwekking van Lasarus uit die dood: "Maak hom los, en laat hom gaan."

Jesus het ons totaal en al kom verlos toe ons nog dood was in sonde, en ons kom vry maak, los van die ou dooie mens!  Hoekom sou enige van ons wou rondloop met grafdoeke as ons in Christus se heerlikheid kan lewe as mense wie dood was, maar lewend gemaak is!

Ek deel hierdie bekende gedeelte vanoggend met jou sodat jy saam met my deur geloof in dankbaarheid kan leef in Christus as iemand wat opgewek was in n nuwe lewe, volkome losgemaak van die oue, kyk, alles het nuut geword!

Jesus het jou en my geroep om die graf en al die ou dooie gewoontes en vrese en herinneringe te verlaat.

As n gelowige in Christus, definieër jou ou mens jou nie meer nie, Christus definieër jou.

Jesus se opwekking van Lasarus en opdrag om hom los te maak van al die grafdoeke laat my so aan Paulus se woorde dink toe hy geskrywe het: “julle moet jul met die nuwe mens beklee wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper, waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Scith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal. Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.

AMEN

Share this post
Tags
Archive
Alive in Christ
4 May 2026