Skip to Content

'n Nuwe skepsel

14 Augustus 2026

Galasiërs 6:15 Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar ’n nuwe skepsel.


Ongelukkig, net soos destyds in Galasië, wil baie gelowiges in Christene vandag nog fokus op handelinge in die vlees, ipv om vanuit hul geloof in Christus te leef.  


Die gelowiges in Galasië destyds wou so graag ervaar dat hulle regtig behoort het aan God, regtig anders is as voorheen, dus fisies kon bewys dat hul deel is van God se volk, en hier om het hul, nes baie mense vandag nog doen, heeltemal vergeet dat daar geen krag is in wat ons in die vlees bewerk of ervaar nie, maar dat die krag van wie ons werklik is, juis lê in die nuwe skepsels wie Christus kom maak het.


Soveel mense gaan 'n leeftyd deur opsoek na kragtige getuienisse en ervaringe om op terug te kyk wat hul Christen wandel kragtige bevestig, meeste van die kere na iets wat hulle vleeslik kon ervaar of selfs opgeoffer het wat as bewys sou dien dat dit beteken hulle verbind aan die Here, en destyds in Galasië was die valse leer wat die rondte gedoen het, dat die besnydenis juis volkome oorgawe sou bewys.


Teenoor hierdie alombekende verwysing noem Paulus toe nog 'n kragtige realiteit: onbesnedenheid.


Want sien of mense nou besny was of nie, daar lê geen krag in beide nie, niks, nul, want die ware krag van God se geskenk in Christus is dat ons deur geloof in Hom NUWE SKEPSELS is, en dis waar die krag lê!


Dis die kragtige resultaat van wat God met met ons gedoen het, nie wat ons gedoen het met ons, of ons gedoen het vir Hom nie.


Die oproep aan gelowiges in Christus was en is nie om nog iets te moes doen of te laat gebeur nie, maar om ons juis deur geloof met die nuwe mens te moes beklee wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper, waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Scith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal (Kol 3:10-11)!


Sien jy, binne hierdie nuwe lewe in Christus sien ons nie eers meer onsself as Jood of nie-Jood nie, maar wie ons werklik is in Christus, 'n nuwe generasie.


As jy dit nie raaksien nie, sal jy net soos dié in Galasië jou beywer vir godsdienstige ervaringe of vleestekens om jou te bekragtig sodat jy voel jy nou volkome ingesluit is in die huisgesin van God, terwyl die enigste ware krag in Jesus Christus is, deur geloof wat glo in Sy toedoen,  wat ons 'n nuwe skepsel gemaak het.


Amen

Share this post
Tags
Archive
The fruit of the Spirit
13 August 2026