Skip to Content

Neem deel vir die wenner se kroon

30 Junie 2026

1 Korinthiërs 9:25-26 En elkeen wat aan 'n wedstryd deelneem, onthou hom in alles — húlle nogal om 'n verwelklike krans te ontvang, maar ons 'n onverwelklike. Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie.

Elke gelowige in Korinte sou onmiddelik Paulus se woorde ter harte neem en presies weet wat hy as voorbeeld gebruik het om hulle te vermaan en te bemoedig, die Itmiese Spele, wat naas die bekende Olimpiese Spele, een van die grootste sportbyeenkomste destyds was.

Paulus se voorbeeld is egter tot vandag toe net so relevant, want vandag nog sal elke atleet hulself ontneem van sekere dinge wat hul deelname sou verhinder en ook dan spesifieke aandag aan sekere dinge en gebruike gee voor groot byeenkomste, met die een doel: om te wen.

Goed soos slegte weersomstandighede en beserings is dinge wat atlete moes oorkom en nie moed laat verloor nie, nes versoekinge en gebeure in die lewe nie gelowiges moet laat twyfel om maar eerder die res van die mensdom op die pawiljoen te vergesel nie.

Sien, niks en niemand moet ons aandag aftrek van die kragtige oorwinnarslewe in Christus nie.

Paulus herinner dus elke gelowige om doelgerig te leef nes atlete oefen op goeie en slegte dae, en gedetermineerd en gedisiplineerd leef tussen al die ander mense in die wêreld.

Tydens die Itmiese Spele sou elke wenner 'n verwelklike krans ontvang as n kroon, wat met tyd sou vergaan, terwyl gelowiges in Christus na ons lewenswedloop en geveg eendag die voorreg gaan ervaar om n kroon te ontvang by die Here wat nooit sal vergaan nie.

Leef dus in Christus soos iemand wat hardloop om te wen, soos n bokser wat met sekerheid die uitklophou gee, en nie net hardloop soos een wat onseker is, of slaan soos iemand wat n hou in die lug slaan nie, maar as mense wie seker is in wat Christus in ons bewerk het, en uitsien na die onverwelklike kroon wat op ons wag.

 

Amen

Share this post
Tags
Archive
One in Spirit
29 June 2026