Skip to Content

Net Jesus

9 November 2026

Hebreërs 5:7 Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs.


So geseënd soos wat ek en jy met wonderlike familie en vriende en vriendinne en mede gelowiges in ons lewens mag wees wat vir ons bid en saam met ons bid, is daar geen persoon wat werklik verstaan hoe ons dikwels voel en waardeur ons gaan soos die Here Jesus nie.


Hy weet, helemal, Hy verstaan, helemal, en Hy weet helemal hoe dit is om met sterk geroep en selfs trane ons Vader te nader, want dis presies wat ons gelees het Jesus gedoen het.


Toe ek weer hierdie vers in Hebreers lees, toe tref dit my: Jesus word nie geafronteer deur ons gevoelens en vrae en twyfel of selfs wanneer ons moun in tye waarin ons dinge dalk nie bymekaar kan hou nie, en selfs ons trane is nie iets wat Hom onkant sal vang nie, inteendeel, Hy verstaan.


Sien, dis ons wat herinner word waardeer Hy gegaan het en wat Hy verduur het en hoe Hy alles bymekaar gehou het vir ons, sodat ons altyd deur geloof in vrymoedigheid deur Hom ons Vader kan nader en volkome op Hom kan steun nes Jesus gedoen het.


As ons herinner word dat Jesus gebid het, Jesus geroep het, Jesus gesmeek het, Jesus geween het, Jesus angs beleef het, sien ons onomwonde raak dat Hy in dit alles slegs op die Vader gesteun en vertrou het om Hom aan te hoor en te versterk en te begelei.


Enige gelowige wie hierdie getuienis van Jesus in gedagte hou, sal deur Hom weet waarom ons onse Vader in onwrikbare geloof kan nader met soveel vrymoedigheid, want ons besef hoekom Jesus ons juis genooi het om ons Vader te nader toe Hy gesê het: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word (Matt‬ ‭7‬:‭7‬-‭8‬).


G'n wonder ons broer Paulus het ons ook in Filippense 4:6 herinner om oor niks besorg te wees nie, maar al ons begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend te maak by God.


Selfs Jesus het geroep, gesmeek, geklop, ja ons Vader genader met gebed sodat ons in Sy Naam dieselle kan doen elke dag met die wete, Hy verstaan helemal, begryp helemal, en beloof om ons te laat ontvang, dat ons sal vind, en dat daar vir ons oopgemaak sal word.


Amen.

Share this post
Tags​
Archive
Jy het JESUS nodig..
5 November 2026