Skip to Content

Ons weet.......

8 Junie 2026

Romeine 8:28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

Mag ek vra, het jy al opgemerk waarmee hierdie vers begin?

Ons weet…..

Eerlikwaar, daars n hele klomp gelowiges in Christus regoor die wêreld wat nie weet waarvan Paulus hier geskrywe het nie, en daarom word hierdie woorde van Paulus dikwels misbruik, want ek hoor so gereeld mense sê: "God het ’n plan met alles wat gebeur, so ons moet net nie te veel vrae vra nie, want Sy weë is nie ons wee nie, ons moet net weet dat Hy alle dinge ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet."

🤔🤔🤔Regtig? Dis nie wat Paulus geskrywe of bekend gemaak het nie, want nie alles wat gebeur in die wêreld is God se wil en plan nie, inteendeel, dis hoekom Paulus wou hê ons moet WEET dat tsv en te midde van alles wat ons geloof probeer vernietig God steeds dit ten goede kan laat meewerk!

Paulus het nooit geskrywe dat die slegte en vreeslike dinge wat ook met Christene gebeur God se toedoen is en ons net moet onthou dis ten goede vir ons nie!

Meeste beproewinge, versoekinge en tragediese gebeure wat oor ons lewenspaaie kom pas heel dikwels nommerpas in by die dief is wat net kom om te steel, slag en te verwoes, nes Jesus bekend gemaak het, want dit is nie van Hom wat gekom het om aan ons lewe en lewe in oorvloed te gee nie!

Tog wil soveel mense Paulus se woorde gebruik en verdraai om hul eie teleurstelling en hartseer en gebrokenheid te probeer verwerk deur elke tragediese gebeurtenis maar net aan God se misterieuse plan toe te skrywe, asof alles wat gebeur bloot Sy wil is.

Maar wanneer ons Paulus se woorde in 2 Korinthiërs 11:25-26 lees, sal ons beter verstaan waarom hy kon getuig dat selfs deur al die slegte tye en versoekinge en beproewinge en moeilikhede, God nogsteeds alles ten goede vir hon en ons laat meewerk het: Van die Jode het ek vyf maal veertig slae minus een ontvang. Drie maal is ek met stokke geslaan; een maal is ek gestenig; drie maal het ek skipbreuk gely; ’n nag en ’n dag was ek in diepte; op reis dikwels, in gevare van riviere, in gevare van rowers, in gevare van my eie volksgenote, in gevare van die heidene, in gevare in die stad, in gevare in die woestyn, in gevare op die see, in gevare onder valse broeders; in arbeid en moeite, dikwels in slaaplose nagte, in honger en dors, dikwels in vas, in koue en naaktheid.

Sien, nêrens het Paulus geskrywe dat hy of ons in sulke haglike situasies net die les moes leer wat God ons wou leer nie, inteendeel, Paulus bevestig aan ons hoe God selfs in die chaos nogsteeds alles ten goede kan laat meewerk vir die wie Hom liefhet, sodat ons kan WEET: NIKS KAN ONS SKEI VAN SY LIEFDE VIR ONS NIE!

Nie alles wat met ons gebeur is God se wil vir ons nie, maar, die wonder is egter, in dit alles, is God besig om selfs dit ten goed te laat meewerk vir Sy kinders, en daarom kan ons elke dag binnegaan met die versekering: “Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het (Rom 8:37).

Die vraag is: Weet jy dit?

Amen

Share this post
Tags
Archive
More than conquerors
9 June 2026