Skip to Content

Oorwin die kwaad deur die goeie

14 Oktober 2026

1 Thessalonicense 5:15 Sorg dat niemand 'n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal.


Sjo, is dit hoe jy voel teenoor alle mense?  Om na te jaag wat goed is teenoor mekaar en teenoor almal?


Want dit is net so dat ons gou is om te dink dat ander mense dit net nie verdien nie, maar hiers die ding:  Paulus se woorde herinner ons slegs aan wie ons is in Christus Jesus, en dat hierdie optrede slegs sal manifesteer as ons dit leef vanuit Christus deur die krag van die Heilige Gees.


Wat sou gebeur as Jesus kwaad met kwaad sou vergeld?


Wat sou gebeur as Jesus besluit het tydens Sy bediening dat meeste mense nie Sy goedheid verdien nie, en dat Hy moeg was vir almal wie bloot net nie Sy Woord ontvang nie en elkegeval nie verdien dat Hy hulle enige genade toon nie?


Het Jesus kwaad met kwaad vergeld, of kwaad met goed vergeld?


Aah sien, het ons nie ook erens gelees, ja in Romeine 12:21: "Oorwin die kwaad deur die goeie" nie?


Ja maar is dit vir alle mense?


Wel, was Jesus se gestuur na die wêreld vir almal wie Hom verdien?


Nou in plaas daarvan om te dink Paulus het ons aangespoor om beter Christene te wees, was hy eintlik net besig om die waarheid weer in herinnering  te bring van hoe ons in Christus deur die krag van die Heilige Gees ander mense kan bedien soos ons ALMAL bedien was in Christus.


Die ding is, wanneer ons nie kwaad met kwaad vergeld nie maar die goeie najaag teenoor alle mense, wie dink jy gaan mense sien?


Wie gaan hulle hoor en ervaar en aan herinner word?


Jip, Jesus.


Terloops, die Griekse woord διώκετε (diokete) beteken "om aggressief na te jaag, om soos 'n jagter te wees wat 'n prooi bekruip en najaag."


Dis hoe die liefde van Christus in ons lewens hoort te manifesteer, deur elke oomblik te sien as n geleentheid om deur ons optrede vir Jesus te aanbid, terwyl ons najaag om almal  te behandel met dieselfde goedheid waarmee Hy ons in Sy liefde nagejaag het.


Amen

Share this post
Tags​
Archive
Take full refuge in HIM!
13 October 2026