Skip to Content

Troos, soos jy vertroos word!

8 Julie 2026

2 Korinthiërs 1:3-4 GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting, wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word.

Wow, hoe geseënd is elke gelowige in Christus Jesus nie om te weet dat God ons Vader, 'n Vader van ontferming en 'n Vader van vertroosting is nie?

As jy gewonder het wat dit beteken, kyk net na die bediening van Jesus, en aanskou dit ten volle teenoor almal wie Jesus bedien het in woord en daad, en daarom kom herinner Paulus elke gelowige dat dieselfde Vader dieselfde aan ons skenk in die Geliefde Seun.

Jy sien ons almal gaan deur verdrukkinge en beproewinge en selfs lyding op ons lewenspad, en as ons nie deur Christus skuil by ons Vader vir Sy ontferminge en vertroosting nie, gaan ons dit of in onsself of in die wêreld soek.

Paulus wou seker maak ons begryp die realiteit van ons Vader se wil oor ons in Christus, en dis hoekom hy toe die volgende 2 Griekse woorde gebruik het sodat ons sonder enige twyfel kan weet wie ons Vader is.  Wie Hy is, bedien ook elkeen van ons wat in Christus is, die woorde οἰκτιρμός (oiktirmos) en παράκλησις (paraklésis).

Oiktirmos beskrywe iemand wat 'n innige meegevoel vanuit die goedertierenheid van die hart toon aan diegene wie hulp en bystand benodig, terwyl paraklesis iemand beskrywe wat direk intiem betrokke raak en fisies langs jou inskuif en inspreek in jou lewe.

Onthou jy hoe ons in die Evangelie van Johannes lees dat Jesus gesê het Hy slegs sê en doen het wat Hy die Vader hoor sê en sien doen het?

Wel, ons sien dit selfs toe Hy erge lyding moes verduur het oppad en aan die kruis!  So nou wys Paulus ons dat nes die Vader Hom oor Sy Geliefde Seun ontferm het en vertroos het, Hy net so daar is vir ons as Sy geliefdes in Christus!

Ken jy ons Vader se innige meegevoel en goedheid van hart, asook Sy nabye bystand en inspraak in jou lewe?  Paulus herinner ons nie net dat dit genoeg vir ons sal wees in ons omstandighede nie, maar juis oorvloedig sal wees in ons sodat ons ander kan bedien met Sy troos!

Soveel mense in die wêreld om ons leef stukkend en seer en soek ontferming en vertroosting op allerlei wyse, terwyl ware ontferming en vertroosting slegs van ons Vader kom, en Jesus is die enigste Weg daartoe!

Die wonder is dat ons Vader se oorvloedige onferming en vertroosting elke gelowige so omarm, dra en vertroos, dat self tydens lyding ons agv Heilige Gees se nabyheid en troos ons ander mense kan bedien wat ontferming en vertroosting benodig in Jesus Naam.

Amen

Share this post
Tags
Archive
You are fully equipped in God only
7 July 2026