1 Korinthiërs 1:9 God is getrou, deur wie julle geroep is tot gemeenskap met Sy Seun, Jesus Christus ons Here.
God is getrou. Dink gou vir n paar sekondes na hieroor. Paulus herinner ons dat ons, ek en jy, deur God se getrouheid geroep is, en nie net sommer geroep is nie nee, geroep is binne in die mees wonderlikste verhouding, meer nog, gemeenskap met Sy Seun, Jesus Christus!
Meeste mense het al erens gehoor van die Griekse woord κοινωνία (koinonia) nie waar nie, wat gemeenskap, vennootskap en mededeelsaamheid beteken.
Christene streef gewoonlik daarna om tydens Christen samekomste of geleenthede met mede Christene koinonia te hê, maar wat van die koinonia waartoe ons geroep is met Jesus, n lewe van konstante koinonia, venootskap met Jesus, om te deel met Jesus?
Ons Vader het vanuit Sy getrouheid ons geroep om ons lewe tenvolle met Jesus te deel soos wat Hy tenvolle Sy lewe met ons deel, volkome koinonia vanuit Sy getrouheid, om met Jesus in gemeen te hê en vanuit ons gemeenskap met Hom te lewe."
Terloops, hierdie koinonia, hierdie gemeenskap was nooit ons plan of idee nie, dis God se roeping vir elkeen wie in Christus Jesus glo, dit kom vanuit Sy getrouheid, en hierdie verhouding, is gebasseer op Sy getrouheid, nie ons bydraes nie, Syne!
Dis presies hoekom jy in 1 Korinthiërs 1:7 sal lees dat Paulus geskrywe het dat ons IN GEEN ENKELE GENADEGAWE tekortkom nie, want in Christus skenk God ons alles genadiglik, dis die lewe waartoe ons geroep is, en vanuit hierdie gemeenskap met Christus leef ons geseënd!
Koinonia met ander gelowiges bemoedig en bekragtig lewens, maar hoeveel te meer sal koinonia met Christus ons nie transformeer omdat ons suiwer uit die getrouheid van God in venootskap met Sy Seun lewe nie👏halleluja!
Hier is die ding wat soveel mense mis waartoe God ons geroep het, kom ek vra so:
· Is Jesus heilig?
· Is Jesus regverdig?
· Is Jesus geliefd?
· Is Jesus waardig?
· Is Jesus getrou?
Goed, so, is jy en ek dan nie deur God wie getrou is geroep tot gemeenskap met Sy Seun in wie elkeen van hierdie vrae JA EN AMEN is nie? Word ons nie geroep tot gemeenskap met Jesus se heiligheid, geregtigheid, geliefdheid en waarde nie?
Sien, kononia met Jesus bevestig ons kindskap, om te lewe as geliefde kinders van die Vader.
Prys die Here saam met my vandag vir Sy getrouheid wat ons geroep het tot ’n geseënde lewe in venootskap, in gemeenskap, in verhouding met Sy Seun, n lewe waarin Sy getrouheid ons letterlik omhels om te deel in die volheid van Jesus Christus
AMEN.