Skip to Content

Verbly jou in die Here - NOU!

9 SEPTEMBER 2026

luister hier


Filippense 3:1 Eindelik, my broeders, verbly julle in die Here. Dit is vir my nie lastig om dieselfde dinge aan julle te skrywe nie en dit gee julle sekerheid.


Almal van ons sal erens 'n rede vind waarom ons nie nou dadelik kan bly wees nie, en daarom is hierdie woorde van Paulus 'n opdrag aan elke gelowige in Christus, VERBLY JOU IN DIE HERE, nou, nie later nie, nie nou nou nie, NOU!


Jakobus het soortgelyks geskrywe deur te sê: Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande beproewinge verval (Jak 1:2).


🤔🤔🤔 vreugde, wanneer versoekinge ons pad kruis, en blydskap tsv my haglike omstandighede?


Was Paulus en Jakobus regtig ernstig?


Dis juis die ding, hulle was ernstig en weet presies waarvan hulle praat, want die blydskap waarna hulle verwys het, was die blydskap in die Here, die vreugde wat elke gelowige in Christus het en vanuit en vanaf hoort te lewe.


Jakobus het selfs die woord  ἡγέομαι (hegeomai) gebruik, wat ons vertaal met "ag", 'n finansiële term destyds onder die Grieke wat beteken: evalueer noukeurig.


So as Jakobus sê "ag dit louter vreugde" herinner hy ons om DADELIK in die Here ons beproewinge en swaarkry te evalueer en nie die stryd aan te sê oppad na blydskap nie, maar vanaf blydskap.


Paulus het dieselfde gedoen, en dis hoekom hy sê dit nie lastig was vir hom om dieselfde ding oor en oor aan ons te skrywe nie.  Om jou in die Here te verbly is nie om vry te wees van teekanting en versoekinge en iets wat jy ervaar wanneer alles goed gaan en uitwerk nie, asook nie n gevoel aan die einde wanneer jy jou uitdagings en probleme oorkom nie, nee nee, dis om tsv alles en in dit alles Jesus se blydskap te hê en daarvanuit en vanaf te lewe, want hoe het Nehemia nouweer gesê: “Wees nie bedroef nie, want die blydskap in die Here - dit is julle beskutting” (Neh. 8:10).


Aaah, Nehemia het verstaan, Paulus het verstaan, Jakobus het verstaan, en net so hoort ons te verstaan dat die vreugde en blydskap in die Here ons krag en veilige vesting is!  Dis hoekom die woord "verbly" die Griekse werkwoord chairete is wat beteken: "wees bly en verbly jou!"  Nou daai klein woord was dieselfde woord waarmee gelowiges mekaar destyds gegroet het, chairete!  Dis die presiese woord waarmee Jesus die vroue gegroet het na Sy opstanding: "Chairete!"


Versoekinge en moeilike omstandighede beroof ons van n klomp dinge, maar die vreugde wat ons in Christus het, wie Hy is, wat Hy vir ons en in ons gedoen het, asook wie ons in Hom is en besit, dis waarvanaf ons moet leef.


Gelowiges in Christus se vreugde is dus iets anders as wat die wêreld aan gewoond is, want Sy vreugde is ons krag, dis ons vesting, dis wat ons in Christus het, nie 'n blydskap wat eers kom in die uitkoms van dinge waardeur ons moet gaan en anderkant uitkom nie, dis blydskap in Jesus en Hom alleen.


Chairete!


Amen

Share this post
Tags
Archive
My Redeemer lives.....
8 September 2026