1 Kronieke 14:14 Toe raadpleeg Dawid God weer, en God het aan hom gesê: Jy moet nie agter hulle aan optrek nie, trek om, van hulle af weg, en val hulle vlak voor die balsembosse aan.
Vir diegene wie dalk nie weet nie, in 1 Kronieke 14:10-12 het Dawid die Here geraadpleeg het oor die Filistyne, en die opdrag van die Here was dat Dawid-hul moes optrek teen die Filistyne, en die resultaat was 'n oorwinning by n plek met die naam Baal-Perasim. Maar dan lees ons in net mooi dievolgende vers, Vers 13, dat die Filistyne hulle "weer" in die dal versprei het.
So wat doen Dawid? Wel, Dawid raadpleeg toe WEER die HERE.
Dawid het nie op sy vorige ervaringe met Filistyne soos Goliat of op die onlangse oorwinning oor hulle by Baäl Perasim staat gemaak nie, nee nee, hy het opnuut die Here gevra, Sy wil gesoek en Hom geraadpleeg!
Nes die Filistyne as bekenede vyande weer teen Dawid wou optrek veg, is ek en jy ook daagliks met dieselle vyand en sy magte besig, en die poging bly dieselfde: om ons te probeer verhoed om te lewe vanuit die oorwinning in Christus Jesus.
Ongelukkig maak soveel van ons tydens versoekinge en beproewinge dikwels staat op ons vorige ervaringe en suksesse om die huidige stryd aan te pak, terwyl ons soos Dawid elke dag opnuut die Here kan raadpleeg, vra en soek in die saak.
Danksy Christus kan ons met alle vrymoedigheid na die troon van genade gaan om barmhartigheid te kan verkry en genade te vind om op die regte tyd gehelp te word (Heb 4:16)!
Selfs die Here Jesus het in Sy erge stryd in die tuin van Getsemane drie maal ons Vader genader en Hom geraadpleeg en Sy wil gesoek, en dit op dieselfde dag in n kwessie van n paar uur.
Dit laat my toe ook dink aan wat Jakobus geskrywe het in Jakobus 4:7-8: Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. Nader tot God, en Hy sal tot julle nader.
Wow wat n kosbare belofte is hierdie nie vir elke gelowige in Christus nie, sodat ons nes Dawid elke dag dieselfde vyand kan weerstaan, daagliks die Heilige Gees te nader met die kosbare belofte dat Hy dus dan ons nader!
Amen