Skip to Content

Volhard!

25 Mei 2026

Handelinge 2:42 En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede.

In Handelinge 2 lees ons van duisende mense wie op Pinksterdag die Evangelie aangehoor het na die uitstorting van die Heilige Gees, en dat 3000mense tot bekering gekom het, toe gedoop was en vervul was met die Heilige Gees!  Dit moes een onbeskryflike dag gewees het, ek meen dink net hoe hierdie mense moes opstaan op hierdie Maandagoggend na n dag soos daai?

Wel ons is bevoorreg om te weet hoe hulle hierdie Maandag en elke ander dag daarna binne gegaan het na Pinksterdag, want hierdie nuwe gelowiges word juis beskrywe as mense wie VOLHARD het.

Die Griekse woord προσκαρτεροῦντες (proskarterountes) beteken: "om aan en aan en aan te hou, om toegewyd te wees, om voortdurend op te tree, dus te VOLHARD!"

Is dit nie 'n kosbare manifestasie van die Heilige Gees in hul lewens na Pinksterdag nie?

Volharding.

Hierdie gelowiges het nie net geglo wat die Apostels hulle geleer het oor Christus Jesus nie, nee nee, hulle het VOLHARD daarin! Hulle het ook nie net nou en dan gemeenskap met die Heilige Gees en mede gelowiges gehad nie, hulle het volhard daarin!

Hulle het ook nie net nou en dan brood gebreek saam met mede gelowiges en Christus se dood gevier nie, hulle het volhard daarin! En hulle het ook nie net nou en dan na Pinksterdag gebid nie, hulle het volhard daarin!

Hierdie geesvervuldes sou opstaan op hierdie Maandagoggend jare en jare gelede, anders as elke ander dag van te vore, want hierdie sou die eerste oggend wees van ontwaking gevul met die Heilige Gees!

En die resultaat was bloot: Volharding.

Net so kan ek en jy toegewyd elke dag binne gaan in die lering van die Evangelie van Christus in die krag van die Heilige Gees! Sien dis elke gelowige se voorreg om DAAGLIKS in Christus te kan leef, vervul met die Heilige Gees net soos die 3000 jare en jare gelede na Pinksterdag.

Natuurlik vloei hierdie volharding vanuit die Heilige Gees wie ons bekragtig, begelei en ons leer.

So, mag Handelinge 2:46 nie net n historiese getuienis wees van die 3000 gelowiges na Pinksterdag destyds nie, maar ook 'n getuienis wees van elke gelowige vandag nog, mense wie VOLHARD in Christus agv die Heilige Gees se vervulling in hul lewe.

Amen

Share this post
Tags
Archive
Are you a pest, plague or a troublemaker?
22 May 2026