Skip to Content

Ware vriend

7 September 2026

luister hier


Job 33:23-24 "Is daar dan vir hom 'n gesant, 'n tolk, een uit duisend, om die mens sy plig te kenne te gee; en is Hy hom genadig en sê: Verlos hom, dat hy in die kuil nie afdaal nie: Ek het 'n losprys gevind ”


So driekwart pad in die boek Job in, terwyl Job en sy 3 vriende nogsteeds met mekaar gestry en oordeel het, kom 'n jongman ingestap op die toneel met die naam Elihu, en sy woorde is wat ons sopas gelees het.


Min mense weet egter dat geleerde Hebreërs tot vandag toe nog hierdie woord van Elihu beskrywe as woorde wat na net Een Persoon wys, die Christus.


Wat egter meer opvallend is, is dat hierdie presiese woorde van Elihu deur die eeue voorgelees word op die dag van Versoening👏👏👏.


Elihu het die Hebreeuse woord לוּץ (luts) gebruik, wat beteken: "’n ambassadeur, ’n vertolker, een wat albei tale tussen die betrokke partye vlot kan spreek en die waarheid van God se weg openbaar."


Elihu het bloot die vraag gevra, is daar so ’n persoon, is daar so iemand wat 1ste van alles God se opregtheid ken en Sy waarhede sou openbaar, en tweedens, is daar so 'n middelaar en vertolker tussen ons en God wat ons, in die geval vir Job begenadig kan wees deur te kan sê: "Ek het die losprys dat hy nie verlore moet gaan nie."


Kan jy sien hoekom Elihu se woorde ons almal laat inpas by Job se storie, want ons  almal benodig nes Job en sy vriende hierdie Gesant, hierdie Tolk wat die Losprys sou vind en ons genadig wees.


Hiers wat ons hoort raak te sien: Jesus verstaan nie net ons Vader se taal nie, Hy is die Taal van God, die Woord!


Maar dan prys ons die Here ook dat Hy ons ook volkome verstaan, ja ons taal ook ken👏, want Hy het ten volle vlees aangeneem en een van ons geword, soveel so dat ons gedurig in die Evangelies lees van die Seun van die Mens.


Niemand kon werklik Job se gevoelens en swakhede en siekte dra nie, en sy stryd was selfs 'n stryd vir sy vriende, en dis dieselfde met ons stryd, maar prys die Here Jesus dat Hy die enigsge ware Middelaar en Tolk en Losprys vir ons almal is!


Hy kan vir die Vader alles van ons vertel, en terselfdertyd vir ons alles van die Vader vertel.


Elihu se woorde aan Job en sy 3 vriende herinner my sommer aan die woorde: Wat 'n Vriend het ons in Jesus🙌!


En so gepraat van vriend, mag die Heilige Gees ons soos Elihu gebruik om as vriend ook in ander se ellende op die toneel te verskyn en hulle te bedien met die waarheid van CHRISTUS, sodat hulle nes Job en sy 3 vriende kan sien, ons het slegs 1 GESANT en VERTOLKER en LOSPRYS, Christus Jesus.


Amen..

Share this post
Tags
Archive
Jesus' way....
4 September 2026