1 Thessalonicense 1:8 Want van julle uit het die woord van die Here weerklink nie alleen in Macedónië en Acháje nie, maar ook op elke plek het julle geloof in God uitgegaan, sodat ons nie nodig het om daar iets van te sê nie.
Wow is dit nie 'n wonderlike getuienis nie?
Paulus het die Griekse woord ἐξήχηται (exechetai) gebruik wat beteken: "om 'n geluid te weerklink, om ander te laat hoor, om te publiseer."
Dis die woord wat Paulus gebruik het om die gelowiges destyds in Tessalonika se lewenswandel in Christus te verwoord, ἐξήχηται (exechetai).
Hoe hulle in Christus geleef het was soos 'n geluid, 'n klank wat die waarheid van die Evangelie gepubliseer het!
Hulle lewens het die geloof wat hulle in Christus gehad het laat weerklink en weergalm.
Dit, my liewe vriende, is wat dit beteken om in Christus te lewe, sodat ons lewens weerklink wat Christus in ons bewerk het en wie ons nou is deur Hom.
Wat my nog meer getref het van wat Paulus geskryf het, was dat hy genoem het dat hulle geloof in Christus in ELKE PLEK gepubliseer was, meenende niks van hul geloof in Christus was weggesteek nie, maar was in die ope, gepubliseer vir almal om die Evangelie te hoor en te sien.
Dis hoekom Paulus ook die woord het: ἐξελήλυθεν (exeluthen) gebruik het, wat beteken om uit te kom!👏👏👏
Hulle geloof was nie net in die klank van woorde verwoord nie, nee nee, dit was verwoord deur die klank van hul lewe!
Dit was so duidelik dat Paulus geskryf het: "ons het nie nodig om iets te sê nie."
Mag ons ook die woord van ons Here Jesus Christus so laat weerklink, sodat ons lewens die kosbare Evangelie publiseer sodat niemand eintlik iets daaroor hoef te sê nie, want almal kan duidelik hoor en sien hoe jy leef in Jesus Naam.
Amen