Skip to Content

Word wakker in Christus

26 Augustus 2026

Luister hier!


Efesiërs 5:14-16 Daarom sê Hy: “Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.” Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyses nie, maar as wyse, en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.


Wat maak jy met jou tyd?  Is jy wakker?  Of is jy traag om te wandel in Christus, amper as te ware aan die slaap, jy droom van hoe jy lewe in Hom, maar in realiteit word jy eintlik kort kort aan die slaap gevang deur die bose tye waarin ons leef?


Hou op droom van n perfekte lewe in Christus en leef in Hom, staan op in Hom en die belofte is dat Hy oor ons sal skyn!


Toe Paulus sommige gelowiges as “aan die slaap" en selfs "dood” beskrywe het, was hy besig om alle Christene aan te spoor om in Christus wakker te word en waaksaam te wees in hulle lewenswandel, want jy sien, dis amper soos wanneer iemand se wekker elke more vroeg afgaan, maar in plaas daarvan om wakker te word, druk hulle daai sluimerknoppie net om nog so bietjie langer te slaap voordat hulle werklik sal opstaan in Christus, net nie nou al nie.


Kan jy glo dat Paulus selfs sommige gelowiges vergelyk het met iemand wat dood was, alhoewel hulle in Christus geglo het, want hulle het glad nie geleef in die werklikheid van wat Christus hulle gemaak het nie, maar dit slegs geglo!


Dis hoekom Paulus ons herinner het om nie as onwyse-dwase mense te lewe nie, maar as wyse, mense wat die beste gebruik maak van elke geleentheid.


Hoor gou net weer: 

  • WORD WAKKER in Christus!
  • STAAN OP in Christus!
  • WANDEL in Christus!


Jy word nie wakker in jouself, en staan op in jouself en gaan leef in jouself nie, nee, dis dwaas, dis onwys, jy doen dit in Christus.


Om wakker te wees in Christus, en om op te staan in Christus, en te leef in Christus is nie ’n droom wat ons nagejaag word nie, dit is die werklikheid van n gelowige, mense wie elke geleentheid aangryp om in Hom te leef tot Sy heerlikheid.


Daars mos n verskil tussen iemand wat slaap en iemand wat wakker is.


Watter een is jy?


Ja een kan heerlik droom van idiliese tye en gebeure, terwyl die ander een die bose dae binnegaan en Jesus tog orals oor hulle en deur hulle skyn.


Een kan droom van idiale geleenthede en dinge, maar niks daarvan gebeur regtig nie, terwyl die ander een die werklikheid leef en die Heilige Gees die dinge laat gebeur.


Hoe lank wil party Christene nog sluimer en nie opstaan in die Here Jesus nie?


Terloops, jy moet wakker wees om die tyd uit te koop😉.


Mag jy regtig wakker word in Jesus, opstaan in Hom, en nougeset wandel in Hom soos wat Hy oor jou skyn!


Amen

Share this post
Tags
Archive
To be
25 August 2026